Blouwalvis

Blouwalvis
'n Volwasse blouwalvis
Vergelyking in grootte met 'n gemiddelde mens
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. musculus
Binomiale naam
Balaenoptera musculus
(Linnaeus, 1758)
Subspesies
  • B. m. brevicauda Ichihara, 1966
  • ?B. m. indica Blyth, 1859
  • B. m. intermedia Burmeister, 1871
  • B. m. musculus (Linnaeus, 1758)
Verspreiding van die blouwalvis

Die blouwalvis (Balaenoptera musculus) is 'n seesoogdier wat tot die suborde Mysticeti (baard- en baleinwalvisse) behoort. Met 'n lengte van tussen 23 en 30,5 m en 'n massa van tot 136 ton, is dit die grootste dier op aarde.[2][3] Die blouwalvis se liggaam is lank en slank, met 'n kleur wat wissel tussen blou en grys op sy rug en 'n ligter onderkant.[4] Daar word onderskei tussen minstens drie subspesies: B. m. musculus, wat in die noorde van die Atlantiese en Stille Oseane aangetref word, B. m. intermedia, wat in die Suidelike Oseaan aangetref word, en B. m. brevicauda ('n dwergsubspesie), wat in die Indiese Oseaan en suide van die Stille Oseaan aangetref word. Dis moontlik dat B. m. indica, wat in die Indiese Oseaan voorkom, ook 'n subspesie is. Soos in die geval van ander baardwalvisse, bestaan die blouwalvis se dieet hoofsaaklik uit planktonkrefies ('n soort skaaldier), asook klein vissies en soms pylinkvis.

Aan die begin van die twintigste eeu was blouwalvisse volop in byna al die planeet se oseane. Vir meer as 40 jaar is hulle egter byna tot uitsterwing gejag, totdat die internasionale gemeenskap in 1966 besluit het om die diere te beskerm. 'n 2002-verslag beraam dat daar toe wêreldwyd tussen 5 000 en 12 000 blouwalvisse was,[5] in vyf afsonderlike groepe. Slegs tussen 1 150 en 4 500 ware blouwalvisse[6] kom na raming tans in die Suidelike Halfrond voor terwyl die aantal dwergblouwalvisse wêreldwyd moontlik sowat 10 000 beloop.[7] Voor walvisvangs toegeneem het, was die grootste bevolking in die Antarktiese gebied, wat ongeveer 239 000 getel het.[8] Ongeveer 13 000 dwergblouwalvisse en meer as 330 000 Antarktiese blouwalvisse is tydens die walvisvangsjare gejag,[9] wat daartoe gelei het dat die huidige bevolkings slegs 'n klein breukdeel van die oorspronklike bevolking is, met ongeveer 2 000 walvisse in elke groep in die noordoostelike Stille Oseaan, die Antarktiese gebied en die Indiese Oseaan. Daar is twee groepe in die Noord-Atlantiese Oseaan en minstens nog twee in die Suidelike Halfrond.

  1. Reilly, S.B., Bannister, J.L., Best, P.B., Brown, M., Brownell Jr., R.L., Butterworth, D.S., Clapham, P.J., Cooke, J., Donovan, G.P., Urbán, J. & Zerbini, A.N. 2008. Balaenoptera musculus Geargiveer 29 Januarie 2009 op Wayback Machine.
  2. "Animal Records" (in Engels). Smithsonian National Zoological Park. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2016. Besoek op 29 Mei 2007.
  3. "What is the biggest animal ever to exist on Earth?" (in Engels). How Stuff Works. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2008. Besoek op 29 Mei 2007.
  4. FI – Species fact sheets. Fisheries and Aquaculture Department, Food and Agriculture Organization.
  5. "Assessment and Update Status Report on the Blue Whale Balaenoptera musculus" (PDF). Committee on the Status of Endangered Wildlife in Canada. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Mei 2004. Besoek op 19 April 2007.
  6. International Whaling Commission, Whale Population Estimates Geargiveer 21 April 2012 op Wayback Machine, besoek op 28 Februarie 2009
  7. Alex Kirby, BBC News (2003). "Science seeks clues to pygmy whale" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 21 April 2006.
  8. T.A. Branch, K. Matsuoka and T. Miyashita (2004). "Evidence for increases in Antarctic blue whales based on Bayesian modelling". Marine Mammal Science. 20: 726–754. doi:10.1111/j.1748-7692.2004.tb01190.x.
  9. T. A. BRANCH et al, Past and present distribution, densities and movements of blue whales Balaenoptera musculus in the Southern Hemisphere and northern Indian Ocean, Mammal Rev. 2007, Volume 37, No. 2, 116–175. Gedruk in Singapoer.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search